Om tereis is om jouself te vind; dit is die Toerbroers motto!
Min mense leef ooit hul droom en passie werklik uit, maar Andries Hendrik Potgieter enWiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, het ná jare seharde werk en toewyding uiteindelik by die punt gekom waar hulle elke oomblikvan die dag besig is met dit wat hulle werklik gelukkig maak.
Toerbroers was lank in die sang- en modebedryf en hetreeds baie wyd gereis. Maar vandag is hulle permanent betrokke by toerisme en natuurbewaringen veral die behoud en beskerming van bedreigde spesies.
Toerbroers bied nagenoeg 100 toere per jaar na plaaslikeen internasionale bestemmings aan waar avonturiers en natuurliefhebbers saam met hulle eksotiese eilande,boskampe en bestemmings kan besoek waar hulle leeus, olifante, buffels,renosters, bokke en baie meer self sal kan sien.
Toerbroersis die oorhoofse agentskap maar daar is ook Toerbroers Kampus wat gaste enjongmense die geleentheid bied om meer oor die toerisme industrie te leer vankenners, sowel as Toerbroers Jag en Visvang wat op hengel- en jagpakkettefokus.Die manne sit nie vir een oomblik stil nie en is ook eienaars van die ToerbroersDagkliniek in Marloth Park en skryf gereeld artikels vir die Kruger Tydskrif.
Toerbroers AanlynwinkelOns is ook baie trots op ons aanlynwinkel waarjy ongelooflike produkte, uniek aan Toerbroers kan aankoop. Dit sluit in onsheerlike Boskoekies, veldskoene, klere, maskers, kepse en vele meer. Vir meerinligting kontak: koop@toerbroers.co.za
Ek het my pakkie vanoggend gekry. Baie dankie dit lyk vreeslik mooi
Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie
Eienaars
Toerbroers is die grootste Afrikaanse toeragentskap in SA, onder die leiding van die twee broers, Andries en Wiaan, saam met 'n ongelooflik wenspan! Ons doelwit is om mense weer te kry om te reis en nuwe plekke sowel as die natuur saam ons te geniet!